Dié heerlike resep lewer sowat 4-6 porsies.
BESTANDDELE
VULSEL:
125 ml gerasperde CLOVER Mature Cheddarkaas
1 sirkel CLOVER Feta Traditional, gekrummel
5 ml gekoopte basiliepesto
15 ml dennepitte, gekap (pine nuts)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
'n knypie droë tiemie
peuselstokkies
VARKTJOPS:
6 dik varktjops, sonder been
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
genoeg CLOVER Farmstyle botter
METODE
1. Vulsel: Meng al die vulselbestanddele saam en hou eenkant.
2. Varktjops: Sny die varktjops dwars om 'n holte in die middel van die varktjop te vorm.
3. Vul die holtes van die varktjops met die vulsel en steek met 'n peuselstokkie vas.
4. Geur die varktjops na smaak aan albei kante.
5. Smelt genoeg botter in 'n swaarboompan en braai die varktjops vir 6 minute aan 'n kant tot goed gaar.
6. Bedien warm saam met groente.
*Resep:
Ekonomiese Gesinskos deur LAPA UITGEWERS.