DRAMA: Photo: Lapa Uitgewers

Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R193 miljard werd. Skaars 24 uur later is meer as R117 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-ryk, wat oor 50 jaar tot ’n internasionale kolos opgebou is, het oornag verkrummel.

Markus Jooste, Steinhoff se spoggerige grootbaas, het bedank en sedertdien val geraamtes die een ná die ander uit sy kas: bewerings van bedrog, spoghuise vir ’n blonde minnares en ’n lewe van oordaad.

Maar wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit alles met die sogenaamde “Stellenbosch-mafia” te doen? Hoe pas die magnaat Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waar is die pensionarisse se geld heen?

Die bekende skrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie sake-exposé van die jaar, Steinhoff en die Stellenbosse Boys (LAPA Uitgewers).

Die boek is die eerste volledige weergawe van hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met tientalle betroubare bronne in die binnekring, inligting uit vertroulike dokumente en dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul Styan die binnewerkinge van die groep.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in raadsale sowel as sitkamers oorvertel sal word.

Die skrywer: James-Brent Styan het in 2003 as ’n rekenmeester gekwalifiseer en daarna sy klerkskap by ’n ouditeursfirma voltooi voordat hy ’n sakejoernalis geword het. Steinhoff is Styan se derde boek. Sy ander titels sluit in: Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanting  en Blackout - The Eskom Crisis.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys

James-Brent Styan

Niefiksie| 9780799371635


Prys: R280,00

*

The book will be available in English from 19 July 2018.


WEN: Indien jy in aanmerking wil kom vir 'n gratis kopie, e-pos: [email protected]