Aantal porsies: 20 x 36 g
Aanbevole porsiegrootte: 36 g (1 stafie)
BESTANDDELE: 125 ml gemengde neute* (amandels, okkerneute, pekanneute)
60 ml sonneblomsade
60 ml pampoensade
250 ml glutenvrye hawermout
80 ml ontpitte gedroogde dadels
30 ml fyngesnyde gedroogdeappelringe
80 ml geroosterde klapper
5 ml fyn kaneel
80 ml fyngesnyde gedroogde bosbessies
410 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer en afgespoel
30 ml louwarm water
30 ml onverfynde bruinsuiker
5 ml vanieljegeursel of -ekstrak
50g donkersjokolade** (70% kakao), in blokkies gebreek
METODE
1. Voer 'n plat middelslag-bakplaat met waspapier uit.
2. Verwerk die neute, sade, hawermout, dadels en appelringe in 'n voedselverwerker tot grofgekap.
3. Plaas neutemengsel in 'n groot mengbak. Voeg die klapper, kaneel en bosbessies daarby. Meng goed.
4. Plaas kekerertjies in die voedselverwerker saam met die water, suiker en vanielje. Maak 'n sagte puree en roer goed saam met die droe bestanddele.
5. Druk die mengsel plat op die bakplaat. Rol verder plat met 'n deegroller, 1,5 cm dik. Laat 10 minute in die vrieskas.
6. Smelt die sjokolade terwyl die mengsel afkoel. Plaas sjokoladeblokkies in 'n glasbak bo-oor kookwater sonder dat die bak aan die water raak. Roer tot gesmelt.
7. Haal die mengsel uit die vrieskas en sny in 3 x 7 cm-stafies binne-in die bak. Smeer die gesmelte sjokolade egalig oor die stafies. Plaas terug in die vrieskas en laat nog 10 minute daar, totdat die sjokolade stol.
8. Haal uit die vrieskas en sny los van mekaar. Rol die stafies toe in absorberende papier en bere in 'n lugdigte houer of plastieksakkies in die yskas.
*NEUTVRYE OPSIE:
Vervang die neute met 125 ml sonneblom- en pampoensade.
** SOJAVRYE OPSIE:
Vervang die sjokolade met sojavrye sjokolade.
Bron:
Lapa-Uitgewers