LEKKERSTE SPAGHETTI CARBONARA
400 g spaghetti
15 ml olie
15 ml CLOVER Mooiriver botter
200 g spek, in blokkies gesny
2 knoffehuisies, fyngekap
3 eiers
1 eiergeel
100 ml CLOVER vars room
160 ml gerasperde Parmesaankaas, plus ekstra om voor te sit
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml gekapte vars pietersielie
1. Kook die pasta volgens die aanwyisngs op die pakkie tot al dente en dreineer.
2. Roer 'n klein bietjie olie deur sodat die spaghetti-stringe nie aan mekaar vaskleef nie.
3. Verhit die olie en botter in 'n swaarboompan oor matige hitte. Braai die spek vir 5 minute tot dit bros is. Roer aanhoudend.
4. Voeg die knoffel by en braai baie liggies vir 1 minuut. Verwyder die pan van die hitte.
5. Meng die eiers, eiergeel, room liggies deur met 'n vurk.
6. Geur na smaak en meng liggies deur met 'n vurk.
7. Kep die pasta terug in die pan. Voeg die eiermengsel, spekmensel en pietersielie baie vinning by die pasta.
8. Meng dit goed en bedien dadelik saam met ekstra Parmesaankaas.
4 PORSIES
- 400 g spiraalpasta
- 5 ml sout
- 10ml olie
- SLAAISOUS
- 80 ml olie
- 45 ml sojasous
- 10 ml heuning
- 5 ml suurlemoensap
- 25 ml fyngekapte vars koljanderblare
- 25 ml fyngekapte vars pietersielieblare
GROENTE
genoeg CLOVER Mooi River botter
- 2 uie, fyngekap
- 5 ml 2 fyngekapte vars knoffel
- 2 selderystingels, in spaghetti-stringetjies gekerf
- 1 x 250 g-pakkie sampioene, gehalveer
- 60 ml witwyn
- 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies geshy
- 14 kalamata-olywe, gehalveer en onpit
- 3 sirkels CLOVER Feta Herb, in blokkies gesny
1. Kook die pasta volgens die aanwysing op die pakkie tot al dente en dreineer. Roer 'n klein beitjie olie deur sodat die pasta-stukke nie aan mekaar vaskleef nie.
2. Slaaisous: Meng die bestanddele saam en giet bo-oor die pasta terwyl dit nog warm is. Bedek en hou eenkant.
3. Groente: Smelt genoeg botter in 'n swaaarboomkastrol en soteer die ui en knoffel tot sag.
4. Roer die seldery by en soteer vir 'n verdere 2 minute. Voeg die murgpampoentjies by en soteer vir nog 3 minute.
5. Voeg die sampioene by en soteer vir 3 minute. Giet die witwyn oor en laat oor lae hitte prut vir 5 minute.
6. Voeg die soetrissies by, meng goed deur en verwyder van die hitte. Laat afkoel.
7. Voeg die olywe en fetakaas by.
8. Meng die groentemengsel deur die pasta en sit koud kamertemperatuur voor.