Om gesonde kos vir 'n gesin te maak bly 'n uitdaging, veral as jou begroting beperk is. Hierdie resep is nie net maklik en goedkoop nie, maar sal ook die hele gesin laat smul.
Resep lewer sowat 4 porsies.
BESTANDDELE
250 ml CLOVER volroommelk
250 ml water
600 g stokvis-steaks
genoeg CLOVER Mooi River botter
2 uie, gekap
2 selderystingels, fyngekap
1 x 250 g-pakkie spek, in blokkies gesny
1 x 250 g-pakkie sampioene, gehalveer
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
50 ml fyngekapte vars pietersielie
1/2 kop blaarslaai, in fyn repe gesny
SOUS:
90 ml CLOVER kondensmelk
30 ml suurlemoensap
375 ml mayonnaise
'n knypie sout en witpeper
2,5 ml geurselsout (Aromat)
METODE
1. Verhit die melk en water tot warm in 'n swaarboomkastrol en plaas die vis-steaks daarin. Bedek die kastrol gedeeltelik en laat vir 15 minute kook of tot vis maklik breek en gaar is.
2. Skep die vis met 'n gaatjieslepel uit en plaas op 'n bord om heeltemaal af te koel. Breek die vis in groterige stukke.
3. Verhit genoeg botter in 'n swaarboomkastrol en soteer die uie tot sag. Voeg die seldery by en soteer vir nog 2 minute. Skep uit en hou eenkant.
4. Smelt nog botter en braai die spek tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
5. Braai die sampioene in die spek se vet tot effens gaar aan die buitekant.
6. Voeg die soetrissies en pietersielie by en soteer vir 2 minute. Verwyder van hitte en skep die gebraaide bestanddele terug in die kastrol. Meng die bestanddele liggies en laat die effens afkoel.
7. Sous: Meng al die sousbestanddele bymekaar.
8. Rangskik die blaarslaai in 'n geskikte opdienbord en skep die vismengsel bo-op.
9. Giet die sous oor en bedien dit koud of teen kamertemperatuur.
*Resep uit: Ekonomiese Gesinskos deur LAPA UITGEWERS.