"Dit was een van my lekkerste verjaardae nog. Daar het 'n stukkie geelstert en ook van die snoek oorgebly. Maar daar het niks van Cobus se silwers oorgebly nie."
BESTANDDELE
600 g rosatamaties
2 silwervisse
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 knoffelhuisies, fyngekap
4 e brandrissievlokkies
'n bietjie koekmeel
olie om te braai
2 suurlemoene
METODE
1. Sny die tamaties in die helfte.
2. Sny drie kepe op die filette van die visse.
3. Smeer die visse met sout, peper, knoffel en brandrissievlokkies.
4. Strooi 'n bietjie meel oor die visse.
5. Verhit olie in 'n pan en braai die visse aan die een kant.
6. Voeg die tamaties by sodra die visse omgedraai word.
*Resep uit:
Sjef Snoekie Laat die Potte Sing deur LAPA UITGEWERS.