Lewer sowat 24 mini-muffins of 12 groot muffins.
BESTANDDELE
250 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
'n knippie sout
4 groot eiers
80 ml olyfolie
250 ml fyngekapte broccoli, gestoom
250 ml fyngekapte ham
250 ml gerasperde cheddarkaas
2 sprietuie, baie fyn gekap
10 ml fyngekapte Italiaanse pietersielie
METODE
1. Verhit die oond tot 200oC. Smeer die muffinpanne met botter of spuit met kleefwerende kossproei.
2. Sif die droë bestanddele saam. Klits die eiers en olie saam en roer by die res van die bestanddele.
3. Roer die mengsel by die droë bestanddele tot net gemeng. Skep in die muffinpanne en bak vir sowat 15-20 minute of tot gaar.
4. Keer uit en laat afkoel op 'n afkoelrakkie. Sit dadelik voor.